Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Opgedra aan ‘n kind  wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees

Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.

Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?

Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.

Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.

Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.

Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly

, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)

En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!

Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!

Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…

“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****:
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”

En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”

Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!

Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!

*** lank nog wil jy sluimer?

Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!

Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.

Oh Amor, Amor!

Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…

Amor, Amor!

Word wakker!

Amor…
Vir die liefhebbers van die Griekse- , Romeinse mitologie en aanhangers van Eros...
DIe pleidooi van almal wat valentynsdag haat... geniet die epiese klagbrief aan Amor!
Thomas Davies Aug 2018
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.

Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"

Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.

Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.

Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt

Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal

Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.

Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree

Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.


Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Written by myself and Kayla Hofmeyr

— The End —