Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
die wind
straal
die angst
van my voorkop weg

die skerp sout lug
vul my met
die prag
wat voor my
verskyn

al die onsekerheid
verdwyn
soos sout wat
met water meng

the wind
caresses
my anxiety
away from my brow

the sharp salt air
fills me with
the beauty
that appears
before me

all the uncertainly
disappears
just like salt
that mixes with water
© jeannine davidoff 2012
Jy het die son gaan haal
Toe dit nag was.
Oor die horison gedraf
En hom terug gesmokkel in jou tas.

Jy het hom net hier , skuins
Bo ons koppe gehang.
Sodat ek jou altyd kon sien
En nooit moes verlang.

Maar die maan het my bygebly
Haar geduldig in my skadu toegevou
-N fluisterstem in my oor
"Kyk, hy mors met jou"

Jy het die son gaan vang
Toe dit nag was
En in sy lig
Sien ek toe , wie jy eintlik was.

Jy het die son vir my gaan haal
En gedink as jy loop
Ek in sy skerp lig sal verdwaal?

Maar toe jy gaan toe hunker die maan
Sy het my trane weg gevee
En ek het saam met haar gegaan.

Gister sien ek jy kom aangedraf
En jy sit die son in jou koffer.
Toe jy weer oor die horison verdwyn
Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
Sprei jou vlerke
My struikel-kind
, want die berge se rante
Steek skerp teen die wind

Vlug vir jou onskuld
Vlug na die son
Vlieg weg van Gamora
ontsnap van *****

Vlieg ver oor die wolke
My struikel-kind
Daars ń storm wat broei
, maar hou jouself blind

Want sere en blase
Word gou-gou weer heel
Maar geen pleister plak toe
Die letsel van ***
Honger hande neig
Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel...

Sprei oop jou vlerke
My struikel-kind
Want die berge se kranse
Hang laag in die wind
Kruip weg vir die hande
Wat jou wil verslind
En keer terug na jou kinderdae
Om jouself weer te vind...

Liefde...
Van ń kaalvoet-kind
Ons gaan weer oor die
Alfabet , numeries , strategies
Ń sikliese seerkry storie.
Dieselfde -tagoniste herhaal
En haal mekaar aan , produkte
Van verandering , ja altyd
Anders. Maar so vervlaks
Eenders soos kop teen-
Kop in een mus.

Herhaal die verhaal my
beursie Is lig en
die lig is te skerp en
Die lug is te droog

, maar ek kla nie
Ek vra nie vra nie.
My hart weet hy begeer
Net. Nie vir A nie
Nie vir F nie
Nie vir
my nie.

Wat jy kort is-
Nie altyd wat jy kry nie.

En wat ek kry...
Is verseker nie
Jy nie.

— The End —