Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Opgedra aan ‘n kind  wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees

Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.

Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?

Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.

Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.

Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.

Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly

, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)

En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!

Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!

Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…

“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****:
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”

En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”

Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!

Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!

*** lank nog wil jy sluimer?

Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!

Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.

Oh Amor, Amor!

Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…

Amor, Amor!

Word wakker!

Amor…
Vir die liefhebbers van die Griekse- , Romeinse mitologie en aanhangers van Eros...
DIe pleidooi van almal wat valentynsdag haat... geniet die epiese klagbrief aan Amor!
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval

Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?

Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!

Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.

Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;

Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.

My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.

Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...

Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.

Amen
Siska Gregory Dec 2016
Wanneer n mens jou gedagtes laat dwaal, oor die jarre laat verdwaal dan besef mens weereens die wonderwerke van mense.
Mense wat sterk is, sterker as wat ek is.
Mense wat wense laat waar word, soos in n storie lyn waar alle hartseer verdwyn.
Dan is daar n spesifieke mens wat ek die beste voor wens.
Wat my elke dag laat weet dat pyn mens nie kan terug hou van n lewe vol lewe en geluk nie.
n Ware punt van krag, wat regtig niks terug verwag behalwe die omgee en die liefde van n mens wat niks het om terug te gee behalwe n dankbare hart nie.
Jy is my beste maat, my nooit verlaat, my buddy en my sussie.
Ek is jou grootste fan dall. Beslis is jy alles en meer waarvoor ek kon wens en sal jou altyd lief he en trots wees op jou.  2016-04-16
To my best friend and sister... You mean the world to me
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.

Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!

Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.

Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...

Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.

Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?

En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.

Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.

More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.

Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.

Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.

Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?

Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.

Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
Elymaïs Oct 2020
Las
Maar ten spyte van al die seer

wat ek regtig verdien het —

daar was ook pyne

wat ek stil gedra het

wat nie my las was nie.
C Feb 2023
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom;
onverwags en alles omver gegooi,
maar op 'n goeie manier.
ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag,
my hare deurmekaar los,
en
pizza eet sonder om te huiwer.

daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my.
ek is só bang dié goeie tyding draai
en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het.
so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad.
wat rooibruin merke aan my vingers laat
wanneer die noodlot jou probeer steel.
sommer ogiesdraad,
dat dit nie regtig is nie.
maar dat my hart kan rustig raak.

vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen
en ek sal weet - jy is hier om te bly.

— The End —