Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
C Dec 2020
my engel sonder vlerke,

jy het onverwags jou verskyning gemaak
my hart geneem
sonder om eens aan my te raak

met my hart op my mou
al was ek soveel keer gewaarsku
tog voel ek só veilig by jou

my engel sonder vlerke,

ek wil weet wat laat jou lag,
*** om jou gemoed op te beur
as jy nie kans sien vir die dag

ek wil weet *** jy koffie drink,
jou hartslae per minuut
en waaraan jy elke sekonde van die dag ****

my engel sonder vlerke

met jou groenbruin oë
en mooiwees glimlag
laat jy my weer in sprokies glo

vir jou doen ek alles,
sonder om ‘n oog te knip,
net oor ek oor jou mal is

alles net vir
my engel sonder vlerke.
Siska Gregory Dec 2016
Die krag van krag is onverwags, maar prag wanneer jy dit minste verwag.
Wat is krag?
Dis n gevoel van mag, van laat gaan en niks terug verwag, maar tog so in beheer van meer as net my gevoelens, wel ja min of meer.
Dit gee my die wil om te wil, of om nie te wil as ek niks het om oor te wil, of om n verskil te maak in tye van onware naar, ja dit is so waar. Krag kan verskeur of verrineweer sonder goeie beheer, maar met n wil van krag het krag n mag om net goed te verwag...hou dit vas of laat dit gaan solank jy een ding verstaan dat sonder krag moet jy geen krag terug verwag. 2016
Blom In Blou Jul 2020
Onverwags verskyn prag voorwaardelik
Verdoesel my ongemaklike donker twyfel
Natuur bekoor beskeie knus veranderlik
Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel
Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik
Landskap verwelkom lag lente groen raaisel
Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik
Verkwik vaal winter koue geil met verskansel
Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
C Feb 2023
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom;
onverwags en alles omver gegooi,
maar op 'n goeie manier.
ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag,
my hare deurmekaar los,
en
pizza eet sonder om te huiwer.

daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my.
ek is só bang dié goeie tyding draai
en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het.
so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad.
wat rooibruin merke aan my vingers laat
wanneer die noodlot jou probeer steel.
sommer ogiesdraad,
dat dit nie regtig is nie.
maar dat my hart kan rustig raak.

vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen
en ek sal weet - jy is hier om te bly.
C Feb 2023
as kind is jy bang
vir monsters onder die bed
met yslike kloue
en vlymskerp tande
soos jy ouer word
word die monsters
dít waaroor niemand praat nie -
die goed wat jou wakker hou
en slapelose nagte gee
my monsters het jare lank
my aande regeer
tot jy onverwags in my lewe ingestap het
en jou pantoffels sonder moeite
op hulle plek ingeskop het -
onder my bed

— The End —