Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Stilgebore in afwagting op
'n môreson uit die legendes.
Die hoopswyg net voor aanvarding
, wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan.
Die onvoldoende doods-uur
Tussen die hap van n gifgoue appel
En die val van onskuld en skoonheid.
Die tingel in die vingers
van die Engel in swart,
nóg genoeg om te gryp
-Nóg genoeg om te los
, net genoeg om in die huiwer te dros
Dus dood wat geduldig
die venster bewasem.
Trek drogbeelde uit skadu's
Soos n laaste asem...
Dis nog hier, nog daar-
Nog vals, nog waar

En ons almal is n kat in n doos
- wandelend in beide lewe en dood
, want die verskeie dimensies
Is maar eintlik grensloos.

Die paradoks van einste bestaan
Word gekonsentreer in n tydstip
Van alles verstaan.
Corna Badenhorst Jun 2021
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom
C Feb 2023
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom;
onverwags en alles omver gegooi,
maar op 'n goeie manier.
ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag,
my hare deurmekaar los,
en
pizza eet sonder om te huiwer.

daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my.
ek is só bang dié goeie tyding draai
en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het.
so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad.
wat rooibruin merke aan my vingers laat
wanneer die noodlot jou probeer steel.
sommer ogiesdraad,
dat dit nie regtig is nie.
maar dat my hart kan rustig raak.

vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen
en ek sal weet - jy is hier om te bly.

— The End —