Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
C Dec 2020
my engel sonder vlerke,

jy het onverwags jou verskyning gemaak
my hart geneem
sonder om eens aan my te raak

met my hart op my mou
al was ek soveel keer gewaarsku
tog voel ek só veilig by jou

my engel sonder vlerke,

ek wil weet wat laat jou lag,
*** om jou gemoed op te beur
as jy nie kans sien vir die dag

ek wil weet *** jy koffie drink,
jou hartslae per minuut
en waaraan jy elke sekonde van die dag ****

my engel sonder vlerke

met jou groenbruin oë
en mooiwees glimlag
laat jy my weer in sprokies glo

vir jou doen ek alles,
sonder om ‘n oog te knip,
net oor ek oor jou mal is

alles net vir
my engel sonder vlerke.
seethroughme Dec 2018
‘n miljoen bome
se asems beur op
in ‘n groen waas
teen die dwang
van bruin lug
se gewig

— The End —