Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
May 2014
My letsels is die sinne
My vel is die papier
Lees daaruit wat jy wil
Die wat omgee bly nog hier

My trane is die voorblad
My bloed is steeds die ink
In my skree Ε„ monster
Wat ek nog moet verdrink

Die rowe is die punte wat
Ek soms nog skraap en skuur
My voorkop pΓͺrel sweet
In my oΓ« brand hell se vuur

My lemme is my penne
Die papier hier op my lyf
Elke liewe liefdes briefie-
Εƒ letsel, net vir jou geskryf...
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.2k
 
Please log in to view and add comments on poems