Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
May 2023
deur elke donker diepte
en oomblikke waar my kniëe wil vou
kan ek omdraai en weet:
ek het vir jou
my sonnestraal as die lig min raak
'n omgee hart en oog
wat altyd oor my waak

liefde was vir my onbekend,
deur die verlede geskend
maar elke oomblik saam jou
wys jy is my beter helfte
jy bring die mooi in my uit
en wys my *** pragtig ek is
ek het dit nooit aanvaar nie
maar dit kom met tyd

ek kyk na jou oë en weet
die wêreld kan maar van my vergeet
want in jou oë
sien my toekoms
ek sien my my geluk,
my swaarkry
ek sien my huis;
daar waar ek vir altyd wil bly.

woorde sal nooit genoeg wees
maar ek weet dit met siel en vlees -
my liefde vir jou oorskry
enige wetenskaplike reëls
of biologiese reaksies
vir nou,
vir jou,
vir altyd.
C
Written by
C  22/Cisgender Female/South Africa
(22/Cisgender Female/South Africa)   
167
 
Please log in to view and add comments on poems