Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jun 2020
ek glo nie,
maar vanaand bid ek,
nie vir wat of wie,
maar vir wat ooit was,
vir my onskuldige jeug,
toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie,

ek glo nie,
maar vanaand is ek op my knieë,
want iewers het ek my onskuld verloor,
my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons,
of met vriende speel na school,
met vrees in my hart sluit ek my oë,
en verdwaal in hierdie jongere drome,

vanaand is daar geen hallelujahs,
en geen amens
Kris Pretorius
Written by
Kris Pretorius  22/M/Somewhere in Neverland
(22/M/Somewhere in Neverland)   
294
 
Please log in to view and add comments on poems