Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Mar 2015
duisternis in
Sonder olie,
Sonder lamp,
die nag het my ingewag

Mag ek vra
waarheen hy loop
die kronkelpad
sรณ geknoop?

Seker nie!
dis te laat
vrae is heen
die wolke dreun

die miere vergader
om my rantsoene
en druppels besmeer
die kaart kontoere

en so is ek duisternis in
sonder olie
sonder lamp
die nag het my ingewag
Written by
WJ Niemand
2.3k
   Corina and CJ Hattingh
Please log in to view and add comments on poems