Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
My vingers jeuk om iets te skryf
My hart bloei storms
Maar my vingers jeuk
My gemoed eb en vloei
Maar my vingers jeuk om iets te skryf
My siel hammer verwoed teen my ribbekas
En my vingers jeuk om te skryf

My pen hunker om te vloek
Die swart ink wil die wit vel breek en skree
My polse wil huil
My longe wil verteer
En my nek wil omhels word met n tou
Maar my vingers jeuk om te skryf

Ék kan nie díe jeuk krap nie.
Dít klou aan mý wese
En dít krap mý verstand
En ek bloei waansin
En ek wil skree vir die maan
En ek wil vloek tenoor die son.

My vingers jeuk on te skryf
En ek gee in tot die demoon
Wat honger na n stem.

Iewers sal my woorde weer
N lee papier vind...
En dan kan ek sy lastergille tem.
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.

Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!

Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.

Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...

Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.

Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?

En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.

Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.

More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.

Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
Dig silwer linte dans na die maan
in wolkpluime wat na die strerre toe maan
ek is weer hartseer
weer stukkend
gebreek
daarom nog 'n siggaret toestaan
an my mense bestaan

ek beaam my met die kwale
van 'n ongebonde wereld
wat pleit om liefde en genade
wat soene soek in suikersoet
wat drome droom so swart soos roet
wat binne die lyne bly
en so ook verlossing by hul neuse in lei

want meisies is net slette
as hulle saam die verkere perd saal
of die slippie laat val
na hul vir die aborsies betaal

en seuns is net moffies
as hul sukkel om 'n rugby bal te vang
vergeet van die agsteman wat gretig
na die flank se balle verlang

vloek en laster bring God se toorn
werk an jou eie vokken balk en los my doring
dalk is jou masker meer heel
as die van my...
maar met elke krakie...
is ek darem 'n krakie meer vry
- as jy
Yster slyp yster
en staal omhels
in n magtige bymekaarkoms

Die twee spoed monsters
om mekaargevou,
maak liefde, om die trane en seer

Daar was geen flitse
in die donker nag nie
tyd het stil gestaan
maar die hartseer gaan aan.

Yster slyp yster
en dank die Vader
die ronde oe bevat nog kleur
en die gapende monde vloek my

Yster slyp yster
maar my seer is gespaar
vir n ander dag
en 'n ander pad.
Blompen ; dompen

My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou

Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan

*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?

My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?

My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
Vandag vloek-groet ek die verlede
en spuug die suur naam uit
en rig ek al my groot gebede
om gistergoed ook weg te smyt

Maar koester ek die kleine vrees
in die diepste van my hart
sal more net soos gister wees
breek die ook van die smart

en deel ek in vertroulikheid
my woordsopregte eed
as more soos 'n spiel wil lyk
sal dood my uit ellende sleep

Tog, mik ek vir die kruine
- droom my silwer droom
,  vermy vergete pyne
van 'n toekoms palindroom.

Want as my lepel andersom
dieselfde as tevore lyk
wees jy ook nie te verstom
as ek na sagte doodsoen reik.
Blom In Blou Aug 2020
Man hard half blind in twee verdeel
Soekend minwetend diep in sy donker
Vrou luikend sag half vergete verseël
Verlangend moker sy dorre die koker
Laat hulle liefs benader versoenend seel
Vloek roep sy soekend in almal veels te lank na waardige blaker
Hulle móét heimlik verblywend uiteindelik mekaar ontmoet
Gesplete verlede sal so saam versoen die pynlike splinter  
Skeurende skyding sal saamvoeg mens verhewe skyn in sy geheel
Minsaam niet verewig sal getroudes liefs mekaar innerlik begin betower
Vrede verligte verpligting sal egte skeiding en miskraam gevoelig streel
Mens half harts lied sal soos lente volkome vol met saamsmelt tower
So word ons eenstemmig bymekaar gevoeg harmonieus om te sing in Liefde se Heilse Groot Koor

https://blominblou.weebly.com/blog/man-verdeel

— The End —