Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Santana Sep 2012
Vrees,
vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel.

Vrees,
want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet.

Vrees,
vir die monster wat jy in staat is om te wees.

Angs,
jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar
en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag
tussen wat joune is en wat bly eintlik myne.

Angs,
jy vat en gee dinge wat moes bly,
jy kom en gaan en verwoes
ons bly agter, 'n stukkie gronderosie
hou op,
want ek is nou moeg.

Angs,
want jou griewelike vure brand helder warm,
ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het.

Leuens,
jy wat gevul id met ongesonde nyd
raak jy nooit moeg,
om so vieslik te verwoes?

'n Onverdiende tug
beloon my met somber wanhoop
Ons almal nodig nou 'n bietjie rus,
die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
Corna Badenhorst Jun 2021
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom

— The End —