Ek was die Suid Weste wind
wat jou wintermaande bring
, jou skimme van diepsee inwaai
om jou land ontsuimig te laat.
Ek was die ysige hand
wat jou sagte vlees knyp
en nakend onder my sagte streling
laat vries in die kou en sy ryp.
Die onaardse storm van skadu's
wat sonder ophou jou
uit jou midnag sliuimer ruk
as ek soos n besetene
in die vroegoggend aan jou deur kom pluk.
Watter vors sou jy, ag
tsja ~ so nietig
teen my kon inrig
*** sou jy kon staan
as ek my volle wendings op jou rig?
*** naief was ek om teen
jou te hammer en myself
keur op keur teen jou vas te gooi
, waar jy onomwonde staan.
Jy ~ vind ek ook toe uit~
die tafelberg van my ou bestaan.