Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.

Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.

waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.

Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Blom In Blou Aug 2020
Wat is
Soet sonder suur
Wat is
Lente sonder winter
Wat is
Lig sonder donker
Wat is
Wolk sonder droogte
Wat is
Kos sonder honger
Wat is
Slaap sonder moeg
Wat is
Lewe sonder dood
Wat is
Ek sonder jy
Wat is
Is sonder niks?

https://blominblou.weebly.com/blog/wat-is
Weenlied, weenlied
Op ń valse noot
Handel oor siekte
En eindig in dood

Gebroke verwysings
Probeer jou lei
Maar jou wysie is af
En jou ritme te lui

Weenlied , oh weenlied
My hart pleeg hoogverraad
In my soektog na jou.
Tragedies en ellende
Ñ treurspel aanskou
Deur die wyses
Die edel
Die harlekyn
sluk ek jou suur woorde
Saam met soet rosé wyn
Vandag vloek-groet ek die verlede
en spuug die suur naam uit
en rig ek al my groot gebede
om gistergoed ook weg te smyt

Maar koester ek die kleine vrees
in die diepste van my hart
sal more net soos gister wees
breek die ook van die smart

en deel ek in vertroulikheid
my woordsopregte eed
as more soos 'n spiel wil lyk
sal dood my uit ellende sleep

Tog, mik ek vir die kruine
- droom my silwer droom
,  vermy vergete pyne
van 'n toekoms palindroom.

Want as my lepel andersom
dieselfde as tevore lyk
wees jy ook nie te verstom
as ek na sagte doodsoen reik.

— The End —