Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Ek die lieplapper
Fladder in die wind
Soos ń herfs betaste blaar
Wat in die dwarrelwinde
Tolbos en die reels
Van swaartekrag verag

My kop is op ń blok gesit
Soos die twee vir ń stywers
Wat inner kompaste volg
Na waar die hart mag lei
Sterk oppad na iewers
Maar word deur nikse
En nerense verlydelik gefly

My V formasie vervorm
, vlieg vêr vooruit
Tot waar ek sig verloor
Van veilige jolheid.
Ek verkoop my vryvlieg siel
Aan die voëlwip en sy wag
Onbewus van die somer
Wat oor die waters op my wag.

Ekt my siel verkoop aan
Die winterson...
Prysgegee, môre se geluk
Die stofwolk op die Horison

Môre trap jy oor my
Windverstrooide oorblyfsels
En neurie ń afskeidslied
In jou binnenste.
Jy koester dalk ń traan
Of twee.
Vir die gees van ń
herfsblaar lieplapper
Wat in selfverwyt besterwe
Blom In Blou Jul 2020
Kleurlose reënboog draai binne diepste
Ongesiene vanuit donkerste draai vanuit swart
Sonder om te verfraai word sowaar eers minste
Volkleurspektrum vloei langsaam oppad na hart
Briljante rooi illumineer oranje geel en groen
Kannie wag vir die skitter verskyn *** van goud
Bestraal spier deur die verhewe wit spektraal
Hierdie krag straal mag maak klein benoud
Kannie begin verwoord minder vertaal
Vertrou die vloei maak bloei onstoflik stout
Besig om jou verlede en toekoms te herskryf
Einste imponderabele elektriese, elektriese spiraal!

— The End —