Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Nog net een trekkie
dan nip ek hom nou.
Ek belowe voor skemer
sal ek ook ophou.
Ophou wat?
Ophou bid?
Ophou smeek?
Ophou om die maan te krater
-te breek?

Nee man net nog ene
voor sy kom.
Die maan en haar blinkers
en haar pikgiet swart blom.
Die rokie streel my kolle
en strepe ,- my seer.
Dan kan ek lekker slaap.

Nog een tretjie voor
die nag my kom haal.
Nog net een tretjie
voor ek moet besin
oor die moeilike tye
en vir my sondes betaal.

Die nag wat ons almal op
die highway van die lewe kaap.
Nog 'n ou entjie
voor ek ook gaan slaap.
Tanya Jun 2017
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek?
Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie
Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie
Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit

Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel
Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie
Ek weet ek moes jou buckets vol maak
Ek het getry

Maar vandag is n ander storie
Vandag kan ek sê dat ek geleer het
Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee
Ek begryp die betekenis van liefde
Ek verstaan wat ń soulmate beteken

En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap
Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend

En so ken jy my nie meer nie

"You don't know the new me, I put my pieces back differently"
My stukkie hoop vir jou afwagting is weg..

— The End —