Kyk met horlosie swaai kom wysheid , op een of ander manier...
Wanneer hardebaard hardehout fyn skuur en boeta begin skuim pis- dan is dit mos als goed en wel...
Jy's nou volwasse en verandwoordelik vir jou kak, vir my kak en sommer die kakbak...
... en dan mag jy mos nou nie bloedkook nie want daardie potte kom moeilik skoon en behoed jy kort van dtraad raak want as iemand nie aan jou been trek nie - wel ja
maar soms kom daardie klein snotkoppie gees deur as ander "volwassenes" vergeet om die plooie die dag aan te plak.
Dan draai alles terug en ek wens dat ek weer oud en koud onder die kuwe kon raak, want demoer in raak ek gougou vir grootmens doeke en dommies.
Kyk ,sommige kak moet maar net kinderkak bly, want as my kinderhart weer vlam vat is ek weer die duiwel se kind.
Dan draai ***** en giggles vinnig om en wys ek *** snaaks dit kan wees as mense val en seerkry.
Laat ek nou maar asemhaal my das regtrek en heut... ek is nou groot, moet mos eintlik van beter weet.