Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jun 2014
Dit was middernag op ń Saterdag aand
Ek was voor die tv in my warm wolkombers
; hulle was styf teen mekaar gekrul
In die stormdreine van Die Rosestad
Dit was nag.

Dit was 1 uur op ń Sondag oggend
Ek was in ń glasie brandewyn verlore
; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe
Dit was nag.

Dit was 3 uur op ń Sondag oggend.
Ek het aan haar lippe gehang oor die foon
; Hy het homself met ń leerbeld gehang
Oor ń brief in ń hastige hand.
Dit was nag.

Dit was 5 uur op ń Sondag oggend.
My kussing was vol trane.
Die stormdreine was vol kadawers.
Die Laan het geskitter van glas skerwe.
Die brief was vol verdriet.

, maar wie sal omgee?
Wat die oë nie sien nie...
En niemand het gesien nie,
Want dit was nag.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.1k
 
Please log in to view and add comments on poems