Dit was middernag op ń Saterdag aand Ek was voor die tv in my warm wolkombers ; hulle was styf teen mekaar gekrul In die stormdreine van Die Rosestad Dit was nag.
Dit was 1 uur op ń Sondag oggend Ek was in ń glasie brandewyn verlore ; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe Dit was nag.
Dit was 3 uur op ń Sondag oggend. Ek het aan haar lippe gehang oor die foon ; Hy het homself met ń leerbeld gehang Oor ń brief in ń hastige hand. Dit was nag.
Dit was 5 uur op ń Sondag oggend. My kussing was vol trane. Die stormdreine was vol kadawers. Die Laan het geskitter van glas skerwe. Die brief was vol verdriet.
, maar wie sal omgee? Wat die oë nie sien nie... En niemand het gesien nie, Want dit was nag.