Dis stasie was stil en donker gelaat. Die nag kwyn in lig en die dag kry sy wraak. Die spore le koud verdwyn op die horison, en ek wag vir 'n stoomtrein wat nooit sal kom.
Karre jaag die lewe in die stad duskant die spoor aan en 'n sateliet voer ons inligting vanuit sy ordinere wentelbaan, maar ek verspeel my tyd deur hier langs die spoor te staan.
My soeke vir liefde was waar liefde ontbreek, soos om te wag vir 'n stoomtrein of om vir kos te smeek. Ek soek nou vir liefde op die verlate stasies van die vandag se tyd , maar al wat ek kry is 'n taxi en die wereld lag my uit.