Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Apr 2014
My rowe lê al spore
Op my palms wat klou
Aan die yster wat my brand
Ń vlam
In die droewe kou
Ingehok, binne my eie land

Tralie hart staan ongeweer
Teen vloedwater emosie
Wat verbeeldingloos probeer
Om te rebuleer teen die seer
In my terugslag verval
My moed. Ek sal dit
Bymekaarskraap
vir ń Volgende keer.

En my vingers trek nog
Lyne en koppel my
Sondag-oggend sins
En versprei my laaste
Bietjie dignity in
Die zoo se trash bins
Terwyl ek nietig gan confess
-"Oh Father I have sinned"
Kom Jesus more weer om
My in my verlore toestand te
Kom vind....
Koop maar ń seisoenkaartjie
Vir versoening en vatsoene.
More sin ek weer.
Eks mos die duiwel se kind
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
804
 
Please log in to view and add comments on poems