Jou intrieke detail En fokus, riem deur Jou werk soos are... En ontmitologiseer die Twyfel rondom ń Onbetwyfelde meesterstuk...
Jou woorde is die huid Van ń poëtiese mens Wat sy stem verhef Oor die onbenullighede Wat my begaan , en My fyn moed, So breekbaar soos ma Se porselein goed...
Raak jy verlore of Raak jy aan my hart. Raak jy dalk moeg Vir die bleeksiel wat Vêr verlore raak in jou Oneindige insig.
Want jou woorde spoel Oor die blaai in ń Vloedgolf van misverstand, soutwater smart streel Jou alliterende liefde Wat verby my rym... Ons was nog altyd ń klug.
Verlief op ń digter. Onbenullig, die metafoor. Tussen die lieflike lyne -Sal ek myself verloor.