Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Mar 2014
Daar's 'n droogte in Namakwaland
Daar's 'n droogte by die see
Droogte skeil in  Weste-winde
Wat oor ons mense vee
En as ons in ons diepstes
met ons gewete oorleg pleeg
merk ons ook die droogte
wat deur ons jeug beweeg

Geen meer: "jammer oom"; dis als net jy en jou
Weg -die dae van asseblief; dis "gee dit vir my nou"
Vergeet die ring, dis uit my ding, niks gewag totdat jy trou
dis oopmondkou , dis sharrap nou, 'n treurspel om te aanskou

en ek as buitestander, van die leuens en van die leed
ek kan rus met die wete, daar is 'n tent vir my gereed
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
979
   Christine Ueri
Please log in to view and add comments on poems