Daar's 'n droogte in Namakwaland Daar's 'n droogte by die see Droogte skeil in Weste-winde Wat oor ons mense vee En as ons in ons diepstes met ons gewete oorleg pleeg merk ons ook die droogte wat deur ons jeug beweeg
Geen meer: "jammer oom"; dis als net jy en jou Weg -die dae van asseblief; dis "gee dit vir my nou" Vergeet die ring, dis uit my ding, niks gewag totdat jy trou dis oopmondkou , dis sharrap nou, 'n treurspel om te aanskou
en ek as buitestander, van die leuens en van die leed ek kan rus met die wete, daar is 'n tent vir my gereed