Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Nov 2013
Jy was my maaitjie,
Vol lewe, vol praatjie...
Jy en jou “ninnie”
Nou is jy nie meer hier nie
Behalwe in my hart…

Lieflike sommers dag,
Julle swem en lag,
In huis toe om te eet,
Scrambled eggs, of het jy al vergeet?

Jy gaan buitentoe, klaar geëet,
Swembad oop – ons het vergeet.
Na ‘n ruk soek Rina jou,
Hol buitentoe, sy het onthou…

En daar lê jy, die water koud,
Mietie spring in, jou pols is oud.
Boet is vinnig, bel hospitaal,
Maar Rina is koud, Rina is vaal…
Want liewe Jesus het haar baba seuntjie kom haal.

Ek pyn nogsteeds 10 jaar later,
My maaitjie, Jy – onder die water.
Familie kind, die helder liggie
Dof skyn nou jou gesiggie –
Behalwe in my hart…
Written on 27 August 2004. 10years after my cousin, André, drowned in my aunt's pool.
Jenny Pearl
Written by
Jenny Pearl
4.1k
 
Please log in to view and add comments on poems