jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer.
daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak.
vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.