Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"? Ek sê: "**** is mos eintlik net vir die lewendes".
Ek is my eie memento mori. Jy is die oorsaak van dood. Laat dit so op my graf geskrywe staan: -Hier lê die skerwe van iets amper heel- ,want nou sit ek weer aan jou tafel en my laaste maaltyd is n herkouing van spoegsels vergete tye saam met jou En ek kou en ek kou en ek onthou: *** warm jou hande was teenoor jou hartskou , *** gretig jy was om my vas te hou en na die tyd toe te snou.
"Ek sit nou waar jy gesit het" , grinnik jou wellus oor die porselein rand en ek wil vir jou sê staan op en gee vet want almal wat daardie stoel beset wals met die noodlot en wink vir seer. "Kom ons probeer , nog n keer" Sê jou hand langs jou ritsluiter , maar ek voel n veer , want kadawers ken nie lustigheid nie en ek is oorgebalsem met n gelofte.
Los die dooies dat ons rus, Los daardie "ons" begrawe in die kis.