Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Feb 2017
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"?
Ek sê: "**** is mos eintlik net vir die lewendes".

Ek is my eie memento mori.
Jy is die oorsaak van dood.
Laat dit so op my graf geskrywe staan:
-Hier lê die skerwe van iets amper heel-
,want nou sit ek weer aan jou tafel
en my laaste maaltyd is n herkouing
van spoegsels vergete tye saam met jou
En ek kou en ek kou en ek onthou:
*** warm jou hande was teenoor jou hartskou
, *** gretig jy was om my vas te hou
en na die tyd toe te snou.

"Ek sit nou waar jy gesit het"
, grinnik jou wellus oor die porselein rand
en ek wil vir jou sê staan op en gee vet
want almal wat daardie stoel beset
wals met die noodlot en wink vir seer.
"Kom ons probeer , nog n keer"
Sê jou hand langs jou ritsluiter
, maar ek voel n veer
, want kadawers ken nie lustigheid nie
en ek is oorgebalsem met n gelofte.

Los die dooies dat ons rus,
Los daardie "ons" begrawe in die kis.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
950
 
Please log in to view and add comments on poems