Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jul 2016
Jy het die son gaan haal
Toe dit nag was.
Oor die horison gedraf
En hom terug gesmokkel in jou tas.

Jy het hom net hier , skuins
Bo ons koppe gehang.
Sodat ek jou altyd kon sien
En nooit moes verlang.

Maar die maan het my bygebly
Haar geduldig in my skadu toegevou
-N fluisterstem in my oor
"Kyk, hy mors met jou"

Jy het die son gaan vang
Toe dit nag was
En in sy lig
Sien ek toe , wie jy eintlik was.

Jy het die son vir my gaan haal
En gedink as jy loop
Ek in sy skerp lig sal verdwaal?

Maar toe jy gaan toe hunker die maan
Sy het my trane weg gevee
En ek het saam met haar gegaan.

Gister sien ek jy kom aangedraf
En jy sit die son in jou koffer.
Toe jy weer oor die horison verdwyn
Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.9k
   Christine Ueri
Please log in to view and add comments on poems