Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Was dit my sonde
om te droom, te wens?
Was dit wreed om te
verwag dat jy my
iewers in jou soet
woorde sou vind?
Kyk ek dalk na jou
met die oorhoofse
afwagting van 'n kind?

Sal jy met sjarme
my kan vermaak of
is teaterkuns
'n masker vir jou haat?

Ek smag na jou taal,
jou moedertong in
my uitgehongerde mond.
Oh die beeld-
wat ons
met sulks silwer stem
kan skep!

*** sal jou brief my vind?
Sal daar 'n tuin ontstaan
as ek jou antwoord naslaan?
Se jy sal bly, net vir my!
Se my brandewyn asem
het jou inner kind bevry!
Se net jy is lief vir my-
en ons sal saam
die tonnel-oog wereld
met soet liefde en
dronkmans woorde verlei.

Skryf saam met my in
hierdie silwertong,
en kyk *** die wereld
in afwagting verstar.

Die liefde wil blom
wanneer twee skrywers
bymekaarkom.

Die wereld raak nat,
met die geuiter,
van ons silwer tong.
Realeboga M Feb 2015
1.You're simply amazing that it becomes impossible to use complex words to truly portray your beauty since no amount of words in the world could ever define you.

2.Wewe ni ajabu tu kwamba inakuwa vigumu kutumia maneno tata kwa kweli kuonyesha uzuri wako tangu hakuna kiasi cha maneno katika dunia inaweza milele kufafanua wewe
  
3.Jy is net amazing dat dit onmoontlik komplekse woorde te gebruik om jou skoonheid werklik uitbeeld aangesien daar geen bedrag van woorde in die wêreld ooit kon jy definieer.

4.   Vous êtes tout simplement incroyable qu'il devient impossible d'utiliser mots complexes à véritablement représenter votre beauté puisque aucune quantité de mots dans le monde ne pourrait jamais définir vous.

5. È semplicemente incredibile che rende impossibile utilizzare complesse parole per davvero rappresentare la tua bellezza poiché non quantità di parole nel mondo potrà mai definire .

6.   es simplemente increíble que resulta imposible utilizar palabras complejas para verdaderamente retratar su belleza ya que ninguna cantidad de palabras en el mundo nunca te podría definir.

7.    Είστε απλά καταπληκτική ώστε να καθίσταται αδύνατη η χρήση σύνθετων λέξεων με πραγματικά απεικονιστεί ομορφιάς σας δεδομένου ότι κανένα ποσό των λέξεων στον κόσμο θα μπορούσε να καθορίσει ποτέ σας.


So if words couldn't possibly be enough then perhaps if I write it in another language it would be enough, but unfortunately it isn't. Words no matter how I put them out its simply not enough.
You're Adored greatly,  
You're simply Amazing.
And I thought you deserve to know.
You must know
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...

Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...

Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.

Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.

Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
Jenny Pearl Jan 2014
Alleen staan ek in die gang
Onsigbaar vir die om my
My woorde het geen krag
Soos ‘n warrelwind is dit gou verby.

Maar die bome ritsel nie eers nie,
Die wind verroer nie ‘n blaar.
Die warrelwind keer terug na my
Om saam met die ander op te gaar.

Hierdie woorde-winde binne my,
Worstel in my siel,
Dit deurdrenk enige gevoel van samesyn,
Soos ‘n slak onder ‘n trok se wiel..

Splat,
Squish
Eeeuw, gross!

Lê my lewe op die steen

Sies, Ga
Ag nee a man

Spoel dit weg saam met die reën.

Wie sal die woorde wil hê?
Wie sal die warrelwind kan verstaan?
My soektog is nog lank nie verby nie,
Maar vir nou berus ek myself op papier
en by die Maan.
29 Augustus 2007
Cry Sebastian Jan 2010
Trek my siel uit met swart onlogiese krapmerke op my pick n pay strokie.

Breek my fingers af op n hout skryf blad
en hou die honde naby vir die bene wat spat.

Vermergel dan my vellies
en gooi dit op n graf
en se dis vir al die girlys
-dis van papers wat smag.

Edel en opreg is die regter se kaf.
Heilig is die helde van die bars van die nag.
Ons onthou die spoke van Oranje stad,
Ons kleef aan hulle woorde soos n tros vol kak.
Ons hou van die serries en die doef van Jak,
En moenie met my stry nie ek sal jou in pak.

Melodie jou wysie met ewige tone,
mengel mooi jou woordtjies met jou oulike drome.
Hou die fort van veiligheid en nasionalisme,
Wees n patriot en vermoor Anglisisme.

Beskerm jou mother language teen n kombuis taal.
Daar is niks in hierdie wereld wat die taal mag vaal.
Opgedra aan ‘n kind  wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees

Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.

Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?

Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.

Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.

Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.

Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly

, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)

En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!

Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!

Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…

“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****:
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”

En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”

Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!

Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!

*** lank nog wil jy sluimer?

Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!

Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.

Oh Amor, Amor!

Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…

Amor, Amor!

Word wakker!

Amor…
Vir die liefhebbers van die Griekse- , Romeinse mitologie en aanhangers van Eros...
DIe pleidooi van almal wat valentynsdag haat... geniet die epiese klagbrief aan Amor!
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag

Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne

In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg

Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
Is moeilik om te begryp,
en nie rerig mooi nie.
Dis 'n spoegspat soos 'n herrie-
'n gemmors wat langs die kar staan en bedel.

Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog
verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine.
Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes
en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig.

Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar
'n metafoor. Vir wat? Se jy my!
Jy wat my analiseer en dissekteer...
want daar is geen meer sterre wat pyn nie,
die woorde wat rym ennie
ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry
in my agterkop waar dit donker is soos
'n land waar hoop 'n feeverhaal is.

Dis te donker om nou te rym,
maar te donker om in te hou...
so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit
en bloei nonsens-ink op die blaai.

Aan die einde is dit nie net die gedig nie.
Dis die ganse wereld wat rym.
Elke herrie en spoegspatter
elke gerookte ster en hartseer kokkedoor
ek , jy - ons almal is 'n gedig.
Ons almal rym...
ons is net te moeilik om te verstaan
en nie altyd mooi nie.
Blompen ; dompen

My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou

Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan

*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?

My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?

My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
Jy beweer ek oordink dit.
Jy beweer my kop loop raas.
Jy **** stilte sal my goed doen,
Maar ek vergaan; gaan staan
In die plek van die woorde
Wat jy te bang is om te uiter...
Te bang WAS om te uiter.
En nou is dit te laat.

Woorde verlang na uitlating
En ek, ek verlang na woorde,
maar jou belydenis-sku geaardheid
Het geweier om beide aan te raak.
N hart kan leer om lief te hê,
Maar jou stilte het sy sê gesê.
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.

Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.

Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?

Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.

Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
Dorslip en droogkeel huig ek
in die donker van terg gees middernag
vir die soet nektar name
waarna hierdie barslip hunker.
Skimletters vorm elke klinker
net so ryk soos 'n paar gisters terug.
Pype weerhou om die klank deur te laat,
wat finaal n skerwestorting bring.

Is ek aan n groter soeke om woorde te smee-
wat getuig van verlange en ander leed
,of aan jou invloed die pryseer te gee.

**** jy in heimwee ook dan aan my,
dit is al wat ek wil weet
of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.

Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
                        'n Lee huis...
                                       'n stil pad...

en wat het ons van onself geleer?

En wat leer ons van die wereld en mense om ons
             , vasgevang in die stryd teen tyd...

niks nie.

Ons het net voor onself uitgekyk
                   na die vaal stene
                                   en die slukkerige sement.

Watter vreugde het dit vir ons gebring.

Niks nie.

Nee,
         ek weier.

Ons is tog hier geplaas met vrye wil.

En iewers langs die pad,
                                          raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.

Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
                                                                ­                                      die wat lag en vinger wys...
                                                                ­                                                      die wat klippe gooi,
                                                         as deur die wat die prentjie aanskou.

Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
                          om die lig rerig te verstaan...

Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
                           voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.

Daar le wysheid in die donker,
                                      want dit is in die donker waar jy aleen is,

                         met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.

                                                                ­                                                      Net die wind om jou siel te sus,
                                                                ­                                               die stilte om jou uit te rus...

                                                 en niemand wat jou god kan wees
                                       of sy woorde
                                                          ­      en planne
                                                                ­                   vir jou kan uitmessel nie.

Die pad het die gevaar geraak.

Dis koud en korrupt.
                                     En ons is dankbaar,
         dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
                                                                ­                                             en wegsmelt in die donker...

want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...

                                                               ­ ons is die gelukkiges...

en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Johan Nel Jul 2016
Teen die hange van die berge-nag
Speel die donker op die ligte sag
Die kalm daal op die chaos-stad
Van klank en mense op elke kronkel pad
Dit voer jou mee in 'n sterre mat

In skoon lug met 'n oop kop
Kan gedagtes net vloei en skrop
Aan dinge wat is en kom
Aan mens wees, goed en krom
Aan die eenvoud en dit wat verstom

Woorde lê in 'n niks-wees dwaal
Dis rou, dit is maar net  -  dis kaal
Net om die stemme wat skree te verlos
Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos
Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
© Johan Nel (written in December 2015)
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval

Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?

Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!

Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.

Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;

Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.

My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.

Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...

Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.

Amen
Jenny Pearl Jan 2014
Hier onder die afdak staan ons nou
Sjuijt! Bly stil! Gouwsie gaan ons in hou.

Vir ‘n **** praat Mnr. Smit nou,
So ‘n langtam, papbek manier van woorde kou

Lees ‘n versie,
Gluur vir Stoute Daan,
Begin toe bid,
Maar wat gaan nou aan?

My hartjie pyn, nie fisies seer..
Dis verlange wat my hart so skeur.
Met oë toe en ore oop
Klink Smitie net sos Oupa Hendrik,
Terug van die dood.
1 Junie 2005
Jy ry op die hanekraai
en kom le in my oor.
Jou tree 'n bekende geluid.

Jou teer drafstap deur my drome
maak my seerste monsters stil.
En sus my in 'n doodsluiterse rus.

Jou oe laat my handsaamslaan
op die lumier van meer as een.
Jou aansig maak van my gelowig.

Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek
en ek sit vasgekeer in jou rooi getui
en ek mik dieper , ek mik dood!

My liefste jou aanraak stuur gode
deur my dooie are en ruk my terug
vanaf die donker sluiers.

Jy is die maan, die sterre- nee
die nag! wat om my toevou
en my wieg wanneer my arms na niks gryp.

Jy is die openbaring waarna lewelose streef
en die anker waarna vryes verlang.
Bring my terug, na die gelykstreep,
voor die tyd ons invang.

Ek wil jou prys met woorde
wat God se toorn op my sal bring
maar dit hang aan my lippe
soos ek wag vir more se son om jou te besing.

Dit is my vroegoggend gedagtes,
van my lieflike laatslaper,
wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie
, want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
Ek wil gedigte en boeke oor jou skryf . Jou met odes eer en met heilige woorde jou beskryf in die lyne van 'n epiese gedig... maar *** meer ek dit wil doen, *** meer verslaan jou werklikheid my en vind ek 'n gebrek aan woorde om die presiese emosies te verduidelik wat jy my laat voel. Dit is tye soos dan ,wanneer dit voel of my verstand gereed is om jou te besig , maar my mond hang oop... wagtend op woorde wat nog nie bestaan nie... om te beskryf wat jy aan my doen.
Victoria Feb 2019
Jy hou van die manier waarop sy jou naam troosvol uitgespreek het na 'n swaar dag wat jy gehad het.
Jy is lief vir *** sy jou bekommernis verlig met elke woord wat sy sê dat jy nie presies kan vind *** sy daarin slaag om dinge wat jy nie kan uitdruk nie, uit te druk.
Jy hou van *** haar teenwoordigheid jou op jou reënerige dae troos en warmte gee.
Jy hou van haar klappergeur wat in jou kar hang nadat sy saam jou iewers heen gery het.
Jy hou daarvan om die geluid van haar lag te **** wat die leegheid van jou wêreld vul, soos simfonie jou uit die leemte haal.
Jy is lief vir *** sy gedigte geskryf het wat jy altyd weggevoer het, *** hulle gewys het hoeveel sy jou liefgehad het.
Jy hou van die manier *** haar klein vingers met joune verbind is, *** dit jou laat voel het dat jy die is wêreld waarna sy draai.
Jy is lief vir *** hierdie woorde die helderheid van die sterre diffundeer en *** hulle in die konstellasies hierbo vervang.
Jy hou van die manier waarop sy haar lippe saggies die besonderhede van jou gesig spoor soos 'n veer wat sy tydelik in die golwe van die wind laat dryf.
Jy hou van die geluid van elke strook van die potlood wat sy gemaak het toe sy die kruiswoorde wat jy op jou tafel gelos het, opgelos het, en besef dat dit nooit reg was nie, maar om na haar te kyk, was 'n antwoord self.
Jy is lief vir *** sy alles vir jou gemaak het, so erg dat dit jou laat verdrink het.

Jy is lief vir die idee van liefde wat hierin gevorm word.
This is in Afrikaans***
My vingers jeuk om iets te skryf
My hart bloei storms
Maar my vingers jeuk
My gemoed eb en vloei
Maar my vingers jeuk om iets te skryf
My siel hammer verwoed teen my ribbekas
En my vingers jeuk om te skryf

My pen hunker om te vloek
Die swart ink wil die wit vel breek en skree
My polse wil huil
My longe wil verteer
En my nek wil omhels word met n tou
Maar my vingers jeuk om te skryf

Ék kan nie díe jeuk krap nie.
Dít klou aan mý wese
En dít krap mý verstand
En ek bloei waansin
En ek wil skree vir die maan
En ek wil vloek tenoor die son.

My vingers jeuk on te skryf
En ek gee in tot die demoon
Wat honger na n stem.

Iewers sal my woorde weer
N lee papier vind...
En dan kan ek sy lastergille tem.
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag

Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne

In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg

Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
Anita Jul 2021
Jy
My liefste mens
My beminde
Jy.

Jy is n meesterstuk.
Jy is digkuns, jy is melodie
Jy is ink en papier en woorde
Jy is n kaleidoskoop in anatomie.

Jou mond is my kompas
As my kop verdwaal
Gerroes en deur die wind verweer
Kan jou sagte woorde my veilig laat huistoe terugkeer.
Jou hare, watervalle oor die skatkamers
Waar ek my geheime neerle
Van fluisters in die donker
Tot hardop liefde opse.

Dat ek myself aan jou mag gee
My swaar, my lig, my heimwee
My gister, my more, my vandag.
My geslote deure, my trane, my glimlag.

Jou hande is sleutels wat my kamers oopsluit
En oor my gly soos water oor rante
Om hoeke om draaie
My sirkels, my vierkante
My donker steugies en oop plaaspaaie.

Jou oe is die verlede, die toekoms en nou
En as jy lag sien ek padkaarte in hulle oopvou
Wat lei na orals en nerens
Na die sterre
En na onthou.

Jou bors is my vesting.
My kaggel, my lig, my beskerming
Waar ek veilig my hart kan hou
Om saam met jou dans
Op die ritme van vetrou.

My liefste mens, my beminde
Jy is sterre oe en oop-oog droom
Jou glimlag breek, vee weg en maak skoon.
Jy maak die storm in my rustig.
Jy is die vrede na die reen...
Jy is my virewig
Tussen my gesteelde fotos
En bekoorde akoorde
Verstik ek aan twyfel
In my verlies aan woorde

Ń Oorverdowende stilte
In die kuberruim
,Die koperkoord kletskamers
En bakkiesblad boodskappe.
Trek op jou neus vir
Die new-age kakkerlakke.

Tik my vingers stompies
Op die gladde skerm
Rook in die aande as
My gemoedsbekakkings kerm
Oor die stilte op die foon...
Rukkings deur my lyf
My harts onwrikbare toorn

Ek **** aan jou
Ek droom van jou
Ek wens en hoop op jou
, maar self met die masker
Van moderne tegnologie;
**** jy ook
*** raas die stilte nou?
Weenlied, weenlied
Op ń valse noot
Handel oor siekte
En eindig in dood

Gebroke verwysings
Probeer jou lei
Maar jou wysie is af
En jou ritme te lui

Weenlied , oh weenlied
My hart pleeg hoogverraad
In my soektog na jou.
Tragedies en ellende
Ñ treurspel aanskou
Deur die wyses
Die edel
Die harlekyn
sluk ek jou suur woorde
Saam met soet rosé wyn
karin naude Jun 2014
geselsies oor stomende boere troos
kombuis warm gekuier
stemme weerkaats sagkens van mure
my verlore jong meisie dae
as ek maar kon weet
woorde aan die wind
wys en syd versprei
soos die skerwe van my hart
onherroepbaar weg , stof bedek
die inuitputbare gemis
geen ander skaduwee kan begryp
tyd heel niks
jy leer leef in leemte en skerwes
huis met krake en gebreuke
tot als in tuimel
soet versoening
tot dan
siels kreute, hallelujah
Rowan Deysel Aug 2019
Op hierdie aarde, groen en blou
Met torings wat die lug uit grou
In elke huis waar mens dalk bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In wye winkels en krom kerke
In nommers en vergete merke
Waar ryk sweef en arm lei
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In stede, woude, see en woestyn
In alles, geen, grof en fyn
In luuks, skaars, bont en plein
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In winter, lente, somer, herfs
Met albei vuur en skadu bederf
Waar ook al maan en son mag skyn
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Waar sterre sing en sonne lag
Omring met komberse van die nag
Waar ou gode en planete gly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In ou legendes en sprokies verhale
In dooie sang en in lewende tale
In woorde wat die hart oop sny
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In gister se groot verlate vlug
In môre se onmeetbare sug
In die nou wat ons so graag vermy
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In slaap te dig en drome swart
In die wandel en wonder van die hart
In seer, troos, kwaad en bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Johan Nel Sep 2019
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?

Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom

Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees

Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
© Johan Nel 2019.09.18 23:38
Elymaïs Jan 2021
Elke dag bring ek notepad op,
En begin ek om te skryf,
Maar die woorde kom nie.
Ek kan vra en ek kan smeek,
Maar hul wag langs die kantlyn
En spot my stil.
Blom In Blou Aug 2020
Gedagtes wat eenvoudig lig lief is
Kan helder maak
Koppe wat te slim swaar donker deurmekaar raas

Woorde wat moedig sag sappig is
Kan heel maak
Harte wat moedeloos af gebreek is blaas

Dade wat beleefd groots gaaf gelukkig is
Kan skeppend maak
Hande wat hopeloos toegevou honger staan staak

Drome wat goedhartig braaf kreatief is
Kan hemels moontlik maak
Oorkom toekoms wat donker verborge na vrees smaak

— The End —