geselsies oor stomende boere troos
kombuis warm gekuier
stemme weerkaats sagkens van mure
my verlore jong meisie dae
as ek maar kon weet
woorde aan die wind
wys en syd versprei
soos die skerwe van my hart
onherroepbaar weg , stof bedek
die inuitputbare gemis
geen ander skaduwee kan begryp
tyd heel niks
jy leer leef in leemte en skerwes
huis met krake en gebreuke
tot als in tuimel
soet versoening
tot dan
siels kreute, hallelujah
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 4:24 AM UTC
geselsies oor stomende boere troos
kombuis warm gekuier
stemme weerkaats sagkens van mure
my verlore jong meisie dae
as ek maar kon weet
woorde aan die wind
wys en syd versprei
soos die skerwe van my hart
onherroepbaar weg , stof bedek
die inuitputbare gemis
geen ander skaduwee kan begryp
tyd heel niks
jy leer leef in leemte en skerwes
huis met krake en gebreuke
tot als in tuimel
soet versoening
tot dan
siels kreute, hallelujah