Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval Verdoem deur drome van 'n wakker oog gee ek in tot die eindelose gekarring. Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld die trane en inspirasie , aangemeld - en saamgesmelt in elke belydenis? Ek spaar toe maar my knieë en sak neer voor die rekenaar en fynkam die intrieke sydrade van ons spinnerakke Vergrootglas die letters, opsoek na: 'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom... NEE MY! Toe speel my storie... Ag ek meen Sy outobiografie af en ek's aleen. Elke nou en dan en dan en wan vee ek oor die rekenaar skerm en skrik as ek sý gesig sien. Hy wou dit nie aanvaar nie! - ek wou regtig nie! Hy wou verander! -ek wou regtig graag verander... ek... - ek bedoel hy; Ons ma's was swertsend selfs godslasterik lief vir ons en haar stickynotes het ons oral vasgekeur , want Levitikus!!! Levitikus sê NEE... Ma sê die Bybel sê: "Ons is dood". Ma se sy wil ons nie verloor nie. Kom sy nie agter dat ons in haar geweierde woorde versmoor nie. My knieë is lank genoeg gespaar. Na 90 minute se snikke en trane val ek neer voor die Heer en almal wat nog wil luister. Ware ellende stort uit perelpoele en plas neer op die koue wereld. Uiteindelik bid ek vir hom, maar my gebede is te laat - met so dertig jaar of wat -. Ek hoop iemand bid vir my... ek hoop die gebede vind my - maar vir my , betyds-. Want ek sit met VIGS van die siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n lifelong companion om die eufemisme mooi te stel... Ek is Hy. Hy is ek. Ons is ons eie tipe mens. Amen
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Nie 'n kas nie, 'n kluis

pieter-andries-christiaan
Written by
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Request permission to use this poem