Die waarheid
In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil
Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd
Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees
Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart
Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...
Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel
ja...
*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal