Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vandag" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey Almal met die doel, om hul volk te bevry, Die Afrikaner, uit te brei Om hul families, van leiding te bevry Selfs, De LaRey ‘n Lafhart, wou eers nie beklei Later die held, wat die boere, verder wou lei Familie man, vader seun broer en gesant Ja, die mense was ook bang Maar met passie, Met drang Met dit wat slange vang Het hulle als aangevang Kyk na jou vriend Kyk na jou maat Kyk na die, anderkant die straat Dis jy, wat hul toekoms baat Dis jy, wat hul vereen, ou maat Die Afrikaners, was plesierig Dit, kan julle glo Nou gevul, net met gierig En al hul misnoe Ja, dit kan julle glo Waar is ons eendrag Waar is ons mag Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag Waar is ons helde, van vandag ‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan Elk, wat sy man wil staan vir die taal, wat min verstaan ‘n Kultuur, wat net ons verstaan ‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy Helde, wat die Afrikaner wil bevry Helde, wat nie bang is om te baklei Helde, soos ek en jy!
0
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
WAAR IS ONS HELDE VAN VANDAG
Ek skryf vandag ñ gedig ñ gedig sonder emosie sonder enige gevoel want soos ek nou voel voel ek leeg, leeg sonder jou... So ek skryf ñ gedig ñ gedig sonder jou maar wel vir jou... ñ Gedig wat wil sê Ek hou van jou Ek is lief vir jou Maar waar is jy nou...
0
Nov 6, 2017
Nov 6, 2017 at 1:59 AM UTC
Sonder jou
Dis stasie was stil en donker gelaat. Die nag kwyn in lig en die dag kry sy wraak. Die spore le koud verdwyn op die horison, en ek wag vir 'n stoomtrein wat nooit sal kom. Karre jaag die lewe in die stad duskant die spoor aan en 'n sateliet voer ons inligting vanuit sy ordinere wentelbaan, maar ek verspeel my tyd deur hier langs die spoor te staan. My soeke vir liefde was waar liefde ontbreek, soos om te wag vir 'n stoomtrein of om vir kos te smeek. Ek soek nou vir liefde op die verlate stasies van die vandag se tyd , maar al wat ek kry is 'n taxi en die wereld lag my uit. Ek wag vir my trein. Ek wag vir jou.
0
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
Ek wag vir die trein
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet *** hard ek probeer om haar te help vergeet ek se vir haar ek hou van *** sy lag en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag sy sug en trek haar skouers op en af "die lewe is te kort om almal te straf" se sy terwyl stadig wegkyk en nog n stukkie van haarself weg smyt ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees" antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees wanneer more kom, beteken vandag nie veel als verander en tog niks want die son bly geel" nikseegende donker oe kyk terug na my ek is bevrees die girl gaan leeg bly
0
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
die girl
Gister se tragedie En tranedal Skuil agter vandag se hartseer verhaal Ja gister se monumentale prag Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag Vandag se kuns Bewys geen guns Aan die brandebde hande Wat swoeg om hul wins Gister se weenlied neurie dit sag Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:52 PM UTC
Sonnet vir die jeug van vandag
Vandag het jy verjaar Nog ń druppel van die bas tot die blaar Ek het jou gaan soek in die branders Ek het vergeet vir ń oomblik ons lewens is nou anders Net vandag het ek gevoel Hulle sê die eerstes is altyd ń warboel Tog was alles weer okay Die oomblik toe ek van die branders af ry Mag die lewensjaar vir jou voorspoed bring Mag jou menswese in oorvloed sing Van hier tot daar Ek hoop jy het lekker verjaar
0
Mar 12, 2017
Mar 12, 2017 at 6:16 PM UTC
Lekker verjaar
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak. Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte. Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere. Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het! n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel. Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Drome...
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek? Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie Ek weet ek moes jou buckets vol maak Ek het getry Maar vandag is n ander storie Vandag kan ek sê dat ek geleer het Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee Ek begryp die betekenis van liefde Ek verstaan wat ń soulmate beteken En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend En so ken jy my nie meer nie "You don't know the new me, I put my pieces back differently"
0
Jun 1, 2017
Jun 1, 2017 at 9:56 AM UTC
Wie is jy?
Vat ń slukkie verdriet En ontnugter jou verstand Tot dit niks meer As net ń spookdorp is Wat tolbos oor Jou silwerdoek-lewe nie Jy voed op energie , maar in ń moeë wêreld Teer jy jouself uit Totdat honger straatkinders Jou ribbes speel soos marimbas Vir net ń laaste trek. Dalk is vandag Net een van dáárdie dae , waar jy my sou red En jou skouers my vertroosting sou wees- Jou lippe my spiersalf Vir ń hart wat seer geklop is. Een van daardie dae , maar jy is nog een van Dáárdie mense... Een van mý dae... Iets wat jy nie is nie- Myne
0
Apr 23, 2014
Apr 23, 2014 at 2:33 PM UTC
Al een ; aleen
Vandag vloek-groet ek die verlede en spuug die suur naam uit en rig ek al my groot gebede om gistergoed ook weg te smyt Maar koester ek die kleine vrees in die diepste van my hart sal more net soos gister wees breek die ook van die smart en deel ek in vertroulikheid my woordsopregte eed as more soos 'n spiel wil lyk sal dood my uit ellende sleep Tog, mik ek vir die kruine - droom my silwer droom , vermy vergete pyne van 'n toekoms palindroom. Want as my lepel andersom dieselfde as tevore lyk wees jy ook nie te verstom as ek na sagte doodsoen reik.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:47 AM UTC
Palindroom sindroom
Gister se tragedie En tranedal Skuil agter vandag se hartseer verhaal Ja gister se monumentale prag Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag Vandag se kuns Bewys geen guns Aan die brandebde hande Wat swoeg om hul wins Gister se weenlied neurie dit sag Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:20 PM UTC
Dalende moraal
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis; Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is. Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel. So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly; Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan. Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag; Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag. 2016/07/17
0
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Vandag
My liefste mens My beminde Jy. Jy is n meesterstuk. Jy is digkuns, jy is melodie Jy is ink en papier en woorde Jy is n kaleidoskoop in anatomie. Jou mond is my kompas As my kop verdwaal Gerroes en deur die wind verweer Kan jou sagte woorde my veilig laat huistoe terugkeer. Jou hare, watervalle oor die skatkamers Waar ek my geheime neerle Van fluisters in die donker Tot hardop liefde opse. Dat ek myself aan jou mag gee My swaar, my lig, my heimwee My gister, my more, my vandag. My geslote deure, my trane, my glimlag. Jou hande is sleutels wat my kamers oopsluit En oor my gly soos water oor rante Om hoeke om draaie My sirkels, my vierkante My donker steugies en oop plaaspaaie. Jou oe is die verlede, die toekoms en nou En as jy lag sien ek padkaarte in hulle oopvou Wat lei na orals en nerens Na die sterre En na onthou. Jou bors is my vesting. My kaggel, my lig, my beskerming Waar ek veilig my hart kan hou Om saam met jou dans Op die ritme van vetrou. My liefste mens, my beminde Jy is sterre oe en oop-oog droom Jou glimlag breek, vee weg en maak skoon. Jy maak die storm in my rustig. Jy is die vrede na die reen... Jy is my virewig
0
Jul 4, 2021
Jul 4, 2021 at 2:54 PM UTC
Jy
Di storm, di woed Di wind, di huil Ruk di mure soos hy hardloop omi hys Wat sal wees sal staan Hu diep is ons wortels Is di fondasi stewig Saggies en versigtig sluip x nader Da sit vrees omring deur sy makkers Trots op homself Hy kry my oorhand Vandag behoort geveg aan ju Ma more verklaar x my oorwinning In god se naam n met god se krag
0
Oct 25, 2017
Oct 25, 2017 at 3:11 AM UTC
2017.10.24.2