Vat ń slukkie verdriet
En ontnugter jou verstand
Tot dit niks meer
As net ń spookdorp is
Wat tolbos oor
Jou silwerdoek-lewe nie
Jy voed op energie
, maar in ń moeë wêreld
Teer jy jouself uit
Totdat honger straatkinders
Jou ribbes speel
soos marimbas
Vir net ń laaste trek.
Dalk is vandag
Net een van dáárdie dae
, waar jy my sou red
En jou skouers
my vertroosting sou wees-
Jou lippe my spiersalf
Vir ń hart wat seer
geklop is.
Een van daardie dae
, maar jy is nog een van
Dáárdie mense...
Een van mý dae...
Iets wat jy nie is nie-
Myne
Apr 23, 2014
Apr 23, 2014 at 2:33 PM UTC
Vat ń slukkie verdriet
En ontnugter jou verstand
Tot dit niks meer
As net ń spookdorp is
Wat tolbos oor
Jou silwerdoek-lewe nie
Jy voed op energie
, maar in ń moeë wêreld
Teer jy jouself uit
Totdat honger straatkinders
Jou ribbes speel
soos marimbas
Vir net ń laaste trek.
Dalk is vandag
Net een van dáárdie dae
, waar jy my sou red
En jou skouers
my vertroosting sou wees-
Jou lippe my spiersalf
Vir ń hart wat seer
geklop is.
Een van daardie dae
, maar jy is nog een van
Dáárdie mense...
Een van mý dae...
Iets wat jy nie is nie-
Myne
