Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
Vandag vloek-groet ek die verlede en spuug die suur naam uit en rig ek al my groot gebede om gistergoed ook weg te smyt Maar koester ek die kleine vrees in die diepste van my hart sal more net soos gister wees breek die ook van die smart en deel ek in vertroulikheid my woordsopregte eed as more soos 'n spiel wil lyk sal dood my uit ellende sleep Tog, mik ek vir die kruine - droom my silwer droom , vermy vergete pyne van 'n toekoms palindroom. Want as my lepel andersom dieselfde as tevore lyk wees jy ook nie te verstom as ek na sagte doodsoen reik.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:47 AM UTC
Palindroom sindroom

pieter-andries-christiaan
Written by
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:47 AM UTC
Request permission to use this poem