Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"koue" poems
As ek snags in ons bed met my koue voet jou warm kniekuil kry dan voel ek die ewige geluk ook al is môre dalk alles verby
0
Oct 13, 2017
Oct 13, 2017 at 6:03 AM UTC
Bejaardes
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Proses van besef

Continue reading...
64
'n lewe in konstruksie... dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf... ons bou en bou en bou, en toets dan die produk. Maar aan die einde, as ons klaar gebou het... wat is dan daarvan te kom.                         'n Lee huis...                                        'n stil pad... en wat het ons van onself geleer? En wat leer ons van die wereld en mense om ons              , vasgevang in die stryd teen tyd... niks nie. Ons het net voor onself uitgekyk                    na die vaal stene                                    en die slukkerige sement. Watter vreugde het dit vir ons gebring. Niks nie. Nee,          ek weier. Ons is tog hier geplaas met vrye wil. En iewers langs die pad,                                           raak almal die pad duister... en word dan deur die samelewing verdoem. Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word... In daardie oomblikke is God meer vergete deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...                                                                                                       die wat lag en vinger wys...                                                                                                                       die wat klippe gooi,                                                          as deur die wat die prentjie aanskou. Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,                           om die lig rerig te verstaan... Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,                            voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur. Daar le wysheid in die donker,                                       want dit is in die donker waar jy aleen is,                          met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.                                                                                                                       Net die wind om jou siel te sus,                                                                                                                die stilte om jou uit te rus...                                                  en niemand wat jou god kan wees                                        of sy woorde                                                                 en planne                                                                                    vir jou kan uitmessel nie. Die pad het die gevaar geraak. Dis koud en korrupt.                                      En ons is dankbaar,          dat ons die kans gekry het om dit te sien, terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's                                                                                                              en wegsmelt in die donker... want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...                                                                 ons is die gelukkiges... en hulle loop op die pad na verdoemtenis
0
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Dankbaar in die donker

51
Dis nou die tyd om te babbel En my mond verby te praat , want hulle sê mos A drunk man's words is A sober man's thoughts... En wie weet dalk vind ek Die antwoorde in ń diep gesprek met myself... Sien ek is nie een van daardie AA lappies wat skeinheilig Sit en slukkies suip om Geluk onder in die bottel Op te spoor nie. Ek rook skaamteloos en Omhels die intense stank Van 10 jaar se lewe wat ek Mors en longkanker, want Dit herrinner my an oupa se Skoot en *** veilig ek was In daardie asbak woonstel Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir Indringer kokkerotte wat ook Maar net teen ons kompeteer het Vir ń krummeltjie kos. Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand - En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie, Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal. Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek. Kliek... Kliek... Kliek... Kliek... Bang!! En nou babbel ek maar weer ... Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie. Wie is ek... *** sal ek weet Bang! Bang! Bang! ... Ek weet.
0
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
Tyd om te babbel

43
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer als wat goed is in die lewe; saam met die suur melk uitgemoer al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas , ek hunker na n glasie brandewyn om die herrinneringe mee weg te was. Want Vader al val 'n duisend aan my sy en tien duisend hier langs my vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby. Ek is moeg vir alleen wees moeg vir bang wees vir koue voete koue hande en 'n hart wat altyd koud sal wees. waars die liefde en genade waarvan ons in ****** en die Bybel lees. Waars my stukkie hemel. Waars my engelkoor. Is dit ook tussen my suur melk... of het ek dit deur bottervingers verloor?
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Noem my bottervingers.
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval Verdoem deur drome van 'n wakker oog gee ek in tot die eindelose gekarring. Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld die trane en inspirasie , aangemeld - en saamgesmelt in elke belydenis? Ek spaar toe maar my knieë en sak neer voor die rekenaar en fynkam die intrieke sydrade van ons spinnerakke Vergrootglas die letters, opsoek na: 'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom... NEE MY! Toe speel my storie... Ag ek meen Sy outobiografie af en ek's aleen. Elke nou en dan en dan en wan vee ek oor die rekenaar skerm en skrik as ek sý gesig sien. Hy wou dit nie aanvaar nie! - ek wou regtig nie! Hy wou verander! -ek wou regtig graag verander... ek... - ek bedoel hy; Ons ma's was swertsend selfs godslasterik lief vir ons en haar stickynotes het ons oral vasgekeur , want Levitikus!!! Levitikus sê NEE... Ma sê die Bybel sê: "Ons is dood". Ma se sy wil ons nie verloor nie. Kom sy nie agter dat ons in haar geweierde woorde versmoor nie. My knieë is lank genoeg gespaar. Na 90 minute se snikke en trane val ek neer voor die Heer en almal wat nog wil luister. Ware ellende stort uit perelpoele en plas neer op die koue wereld. Uiteindelik bid ek vir hom, maar my gebede is te laat - met so dertig jaar of wat -. Ek hoop iemand bid vir my... ek hoop die gebede vind my - maar vir my , betyds-. Want ek sit met VIGS van die siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n lifelong companion om die eufemisme mooi te stel... Ek is Hy. Hy is ek. Ons is ons eie tipe mens. Amen
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Nie 'n kas nie, 'n kluis

52
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...
*** praat jy met 'n nagmerrie stem waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem in 'n koue marmer gaap besterf? *** druk ek my ore toe as my hande agter my rug gebind is met drade van sielsdiep verse? 7 biljoen stemme , maar joune rys uit: 'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende en godslasterlike psalm-gesange. *** droom ek stukke van jou op in al die gifte van 'n barmhartige maan wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang? Ek probeer verwoed om my monsters soos silwer gekwaste honde te verdrink , maar selfs in die beursie-tapper lawaai water is hul swem tegniek onverbeterlik. Vergewe my stilswye en klapperwoorde , maar ek sukkel om my drome te deel met klaasvakie kerels wat hulle voetspore ongeskonde laat en liederlike drome aandra. Ek bevraagteken soms die vraagtekens en die puntlose stellings wat tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip... Soms wonder ek... soms droom ek... soms hoop ek... -maar ek skrik altyd wakker , altyd.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:35 PM UTC
Puntlose vraagtekens
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie. Dis mos nou kinders-kry dan trou , 'n priem baba se : Ek is lief vir jou. Verby nog voor dit begin het. Of is my hart nou wiegiedood wat doodluiters my eie galg om die baba hang. Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek? Of het ek nou maar oulaas 'n manier om al die goeie goed - uit vrees van stapel te stuur? Ek kan jou volg... sal jou volg; sou jou volg tot waar die wind ons waai en saam jou kan ek... sal ek sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai, maar *** gaan ek die onbekende in as dit tussen my en die horison le? My hartklop eikehout in die gang, hy klop nog koud , maar hy klop nou! En jy praat van altyd en van later en van dan: verder selfs as wat my sig durf reik! Jy is my nou. Jammer dat ek more jou gister gaan wees; probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier en ek wil groei. Ek kan nie die trouring dra nie ,as hy nog koud aan my vinger kleef... my hart is dalk nog prematuur , maar ek wil graag uitgan en die koue skouers en spervure vir my self gaan beleef. Moet my nie die son wys nie Ek leer nou eers *** om te sien... en moet nie se jy is lief vir my nie, want more is dit verby nog voor dit begin het. En dan hang ek die priem.
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Stilgebore
Die arendgod was reeds verswelg Agter sleepvoet trapsietjies Wat met motreen sy voetspoor laat Menigte kleure het deurmekaar gedreun Om hul water afhantlikes met 'n bulderende Brander van stemme te dra En die skerts wat dans oor hulle skouers Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie Die bekoordes vind hul ligging ... Op hul merke... Gebore vir die oomblik... Kneukels raak wit van koue en klou... Iewers flits 'n meganiese weerligstraal... En ons swem rugslag in die sproeireen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Rugslag in die sproeireen
Onder die laslappie kombers van die sterre en die maan het my hart talle male verstik aan n proetjie eensaam. ñ koue hart wat reik Na iets om vas te hou in bed wat oorloop Van spasies net vir jou , maar in die siekbed van die see Het ek te veel tyd spandeer Voor n plafon van hoop Wat met motreen bo my oopskeer. En in retrospek kyk ek na my bed Wat nog altyd leeg staan Nie sonder jou nie Maar oor die twyfel in my eie bestaan. My bed was net leeg... Oordat my hart leeg was Soos n vol kanvas Met wit leeg gekwas. Want ek was daar, En nou dat ek verstaan Weet ek die nag is net donker Sonder die sterre en n maan. Wat my laat met die vraag... Was dit die bed of was dit ek Want wat is werklik leeg- Die mens , of die plek?
0
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
'n leë bed
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms Ek berê my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeëns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:56 PM UTC
Lipbyt liedjie
Ek raak van tyd tot tyd verlore in die vlaktes van my verbeelding op 'n eindelose reiktog na die goue uitloopsels van more , ander kere skuil ek in die klowe en trek my toe in n berg kombers... daar kan ek skree - en huil -en lag. Daar kan ek die eie self in n lastergil uitlok en wag vir die koue kras kranse om dit terug te werp in my ope arms. My verbeeldingshuis le in die kranse... my drome rol in oor die see se soutwater golwe... en ek, ek le iewers in die middel van perfekte harmonie en absolute chaos. Ek . droom . eindeloos...
0
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Legio dromer
Wit le sy uitgesprei oor pendoring gras vanmore. haar spastiese bewegings vroegoggend reeds bestorwe. Stil is die nagtegal se liedjie die roos is dood van ryp, wyle weinig traan van simpatie verlore in die stormpyp. Die aarde draai en swoeg in nag se sweet. in sy nietige pogings om die noodkreet te vergeet. Haar naakte lyf le oopgebaar, en styf in dood se koue klou. Dit ryp hier in die rosestad. En die Flora- was 'n vrou.
0
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 1:11 PM UTC
Ryp in die rosestad
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms Ek berê my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeëns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:12 PM UTC
Projeksie teen die spieël
die sprankel lied, nou verlore terwyl ek op hartseer se drumpel staan n blye hart, nou my verbode sê ek totsiens aan geliefde dae saam die koue klou van diepste smart druk my hart teer die traan druppels, stroom my af ai, die gekreun van die kind maak seer die kinkel stem en glansende lag die wysheid in haar stem dit mis ek só, haar warm hand wat vryf so oor my ken roep my, toe? ek hunker so om jou weer eens te sien om tyd te spandeer, net ons saam roep my, ek kom aan gestap die hemel bring ek saam.
0
Oct 3, 2020
Oct 3, 2020 at 3:03 AM UTC
hartseer se drumpel
Die grys winter gras Kruip stadig in die groen in Soos my lewe saam jou Is daar geen versoening Ek **** die ***** Koue Hart van ys, las van die dood So voel my binneste soms 'n Hart van lood Tog loer die warm bal son Skrefies deur blou spookasem Die warmte sal weer kom 'n Vuur in 'n reënboog lugballon
0
Apr 8, 2020
Apr 8, 2020 at 1:56 AM UTC
Hart soos 'n lugballon
Onverwags verskyn prag voorwaardelik Verdoesel my ongemaklike donker twyfel Natuur bekoor beskeie knus veranderlik Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik Landskap verwelkom lag lente groen raaisel Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik Verkwik vaal winter koue geil met verskansel Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
0
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Blommeryk