"koue" poems
As ek snags
in ons bed
met my koue voet
jou warm kniekuil kry
dan voel ek
die ewige geluk
ook al is môre
dalk alles verby
Oct 13, 2017
Oct 13, 2017 at 6:03 AM UTC
Dit is die trane wat niemand sien nie
Die seer wat niemand voel nie
Dit is die koue gevoel in jou hart
wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag
Dit is die eensaamheid op naweke
Die stilte wanneer jy skree
Dit is die afwesigheid van n warm hand
Die oorblyfsels van n gebroke sielsband
Dit is die spasies tussen jou vingers
Elkeen n herinnering van n tekortkoming
Dit is die koue winters alleen
Die somers spandeer onder skaduwee
Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies
Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies
Dit is al die gebroke beloftes
Die "liefde met voorwaardes"
Dit is die idee van *** alles moet wees
Wat keer dat jy gelukkig is
Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag
Om jou te herinner van jou seer se mag
Dit is die donker aande sonder sterre
Jou dood stille foon op die moeilikste tye
Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde
Die "gaan nie eers probeer" nie's
Omdat jy voel niemand sien jou raak
En skielik is gelukkig wees, n verbode taak
Maar dit is die leemte in my hart
Die swaarte krag van al die vrae
Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart"
Wat die hartste praat
Dit is die gewoonte om te voel jy misluk
Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Dis nou die tyd om te babbel
En my mond verby te praat
, want hulle sê mos
A drunk man's words is
A sober man's thoughts...
En wie weet dalk vind ek
Die antwoorde in ń diep gesprek met myself...
Sien ek is nie een van daardie
AA lappies wat skeinheilig
Sit en slukkies suip om
Geluk onder in die bottel
Op te spoor nie.
Ek rook skaamteloos en
Omhels die intense stank
Van 10 jaar se lewe wat ek
Mors en longkanker, want
Dit herrinner my an oupa se
Skoot en *** veilig ek was
In daardie asbak woonstel
Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir
Indringer kokkerotte wat ook
Maar net teen ons kompeteer het
Vir ń krummeltjie kos.
Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand -
En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie,
Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens
Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal.
Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek.
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Bang!!
En nou babbel ek maar weer
...
Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie.
Wie is ek...
*** sal ek weet
Bang!
Bang!
Bang!
...
Ek weet.
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.
Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.
waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.
Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
My bed verlang na ewewig
En kantel as ek lê, My arm kweek ń
onwrikbare
Verlange na ń glimlag wat
Daarteen druk en Selfs nou en dan
Speels byt.
Die ysere
Koue wat
Dwing om
In my oop
Arms te
Kom rus.
My kat spin hard op my bors,
Duidelik in haar skik met die
Wete dat sy,
vir nou
Op jou geresserveerde kussing
Kan lê
En met
Daardie
Wete
Verlekker
Sy haarself
In my
Ellende
Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my
Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly
En giggel
Want ek
Wag vir
Iets wat
Dalk nie
Kom nie
Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie
Van dromme
Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog
Meer leeg
As ooit
Tevore
En sou
My contact
List net
Soos my bed
Geraak het...
Die wind wat deur my hartskrake seifer,
Fluister jou naam
En flankeer met
My gevoelens....
Hiers ń spasie oop
Spesiaal vir jou...
Mnr _.
-ń tipofrafiese voorbeeld
Van digterlike vryheid
Verwar vir menslike
Eensaamheid...
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
*** praat jy met 'n nagmerrie stem
waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem
in 'n koue marmer gaap besterf?
*** druk ek my ore toe
as my hande agter my rug gebind is
met drade van sielsdiep verse?
7 biljoen stemme , maar joune rys uit:
'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende
en godslasterlike psalm-gesange.
*** droom ek stukke van jou op
in al die gifte van 'n barmhartige maan
wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang?
Ek probeer verwoed om my monsters
soos silwer gekwaste honde te verdrink
, maar selfs in die beursie-tapper lawaai water
is hul swem tegniek onverbeterlik.
Vergewe my stilswye en klapperwoorde
, maar ek sukkel om my drome te deel
met klaasvakie kerels wat hulle
voetspore ongeskonde laat
en liederlike drome aandra.
Ek bevraagteken soms die vraagtekens
en die puntlose stellings wat
tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip...
Soms wonder ek...
soms droom ek...
soms hoop ek...
-maar ek skrik altyd wakker
, altyd.
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:35 PM UTC
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie.
Dis mos nou kinders-kry dan trou ,
'n priem baba se : Ek is lief vir jou.
Verby nog voor dit begin het.
Of is my hart nou wiegiedood wat
doodluiters my eie galg om die baba hang.
Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek?
Of het ek nou maar oulaas 'n manier
om al die goeie goed - uit vrees
van stapel te stuur?
Ek kan jou volg... sal jou volg;
sou jou volg tot waar die wind ons waai
en saam jou kan ek... sal ek
sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai,
maar *** gaan ek die onbekende in
as dit tussen my en die horison le?
My hartklop eikehout in die gang,
hy klop nog koud , maar hy klop nou!
En jy praat van altyd en van later en van dan:
verder selfs as wat my sig durf reik!
Jy is my nou.
Jammer dat ek more jou gister gaan wees;
probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie
en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier
en ek wil groei.
Ek kan nie die trouring dra nie
,as hy nog koud aan my vinger kleef...
my hart is dalk nog prematuur ,
maar ek wil graag uitgan
en die koue skouers en spervure
vir my self gaan beleef.
Moet my nie die son wys nie
Ek leer nou eers *** om te sien...
en moet nie se jy is lief vir my nie,
want more is dit verby nog voor dit begin het.
En dan hang ek die priem.
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Die arendgod was reeds verswelg
Agter sleepvoet trapsietjies
Wat met motreen sy voetspoor laat
Menigte kleure het deurmekaar gedreun
Om hul water afhantlikes met 'n bulderende
Brander van stemme te dra
En die skerts wat dans oor hulle skouers
Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig
Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie
Die bekoordes vind hul ligging ...
Op hul merke...
Gebore vir die oomblik...
Kneukels raak wit van koue en klou...
Iewers flits 'n meganiese weerligstraal...
En ons swem rugslag in die sproeireen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Onder die laslappie kombers
van die sterre en die maan
het my hart talle male verstik
aan n proetjie eensaam.
ñ koue hart wat reik
Na iets om vas te hou
in bed wat oorloop
Van spasies net vir jou
, maar in die siekbed van die see
Het ek te veel tyd spandeer
Voor n plafon van hoop
Wat met motreen bo my oopskeer.
En in retrospek kyk ek na my bed
Wat nog altyd leeg staan
Nie sonder jou nie
Maar oor die twyfel in my eie bestaan.
My bed was net leeg...
Oordat my hart leeg was
Soos n vol kanvas
Met wit leeg gekwas.
Want ek was daar,
En nou dat ek verstaan
Weet ek die nag is net donker
Sonder die sterre en n maan.
Wat my laat met die vraag...
Was dit die bed of was dit ek
Want wat is werklik leeg-
Die mens , of die plek?
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien...
Honderd...
Duisend...
Maar dit bly ritmies klop
Onder my koue palms
Ek berê my asem in die verlede
Waar dit vermoedelik
buite jou bereik was
...maar ek het jou vermoeëns onderskat
En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid
Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes
, maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop
En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees
, maar hoop jy verstaan...
Ek hoop jy verstaan
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:56 PM UTC
Ek raak van tyd tot tyd verlore
in die vlaktes van my verbeelding
op 'n eindelose reiktog
na die goue uitloopsels van more
, ander kere skuil ek in die klowe
en trek my toe in n berg kombers...
daar kan ek skree
- en huil
-en lag.
Daar kan ek die eie self
in n lastergil uitlok en wag
vir die koue kras kranse
om dit terug te werp in my ope arms.
My verbeeldingshuis le in die kranse...
my drome rol in oor die see se soutwater golwe...
en ek, ek le iewers in die middel
van perfekte harmonie
en absolute chaos.
Ek . droom . eindeloos...
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Wit le sy uitgesprei oor
pendoring gras vanmore.
haar spastiese bewegings
vroegoggend reeds bestorwe.
Stil is die nagtegal se liedjie
die roos is dood van ryp,
wyle weinig traan van simpatie
verlore in die stormpyp.
Die aarde draai en
swoeg in nag se sweet.
in sy nietige pogings om
die noodkreet te vergeet.
Haar naakte lyf le
oopgebaar, en styf
in dood se koue klou.
Dit ryp hier in die rosestad.
En die Flora-
was 'n vrou.
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 1:11 PM UTC
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien...
Honderd...
Duisend...
Maar dit bly ritmies klop
Onder my koue palms
Ek berê my asem in die verlede
Waar dit vermoedelik
buite jou bereik was
...maar ek het jou vermoeëns onderskat
En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid
Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes
, maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop
En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees
, maar hoop jy verstaan...
Ek hoop jy verstaan
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:12 PM UTC
die sprankel lied, nou verlore
terwyl ek op hartseer se drumpel staan
n blye hart, nou my verbode
sê ek totsiens aan geliefde dae saam
die koue klou van diepste smart
druk my hart teer
die traan druppels, stroom my af
ai, die gekreun van die kind maak seer
die kinkel stem en glansende lag
die wysheid in haar stem
dit mis ek só, haar warm hand
wat vryf so oor my ken
roep my, toe?
ek hunker so om jou weer eens te sien
om tyd te spandeer, net ons saam
roep my,
ek kom aan gestap
die hemel bring ek saam.
Oct 3, 2020
Oct 3, 2020 at 3:03 AM UTC
Die grys winter gras
Kruip stadig in die groen in
Soos my lewe saam jou
Is daar geen versoening
Ek **** die ***** Koue
Hart van ys, las van die dood
So voel my binneste soms
'n Hart van lood
Tog loer die warm bal son
Skrefies deur blou spookasem
Die warmte sal weer kom
'n Vuur in 'n reënboog lugballon
Apr 8, 2020
Apr 8, 2020 at 1:56 AM UTC
Onverwags verskyn prag voorwaardelik
Verdoesel my ongemaklike donker twyfel
Natuur bekoor beskeie knus veranderlik
Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel
Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik
Landskap verwelkom lag lente groen raaisel
Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik
Verkwik vaal winter koue geil met verskansel
Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC