Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms Ek berê my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeëns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:56 PM UTC
Lipbyt liedjie

pieter-andries-christiaan
Written by
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:56 PM UTC
Request permission to use this poem