Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
My vingers jeuk om iets te skryf
My hart bloei storms
Maar my vingers jeuk
My gemoed eb en vloei
Maar my vingers jeuk om iets te skryf
My siel hammer verwoed teen my ribbekas
En my vingers jeuk om te skryf

My pen hunker om te vloek
Die swart ink wil die wit vel breek en skree
My polse wil huil
My longe wil verteer
En my nek wil omhels word met n tou
Maar my vingers jeuk om te skryf

Ék kan nie díe jeuk krap nie.
Dít klou aan mý wese
En dít krap mý verstand
En ek bloei waansin
En ek wil skree vir die maan
En ek wil vloek tenoor die son.

My vingers jeuk on te skryf
En ek gee in tot die demoon
Wat honger na n stem.

Iewers sal my woorde weer
N lee papier vind...
En dan kan ek sy lastergille tem.
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling.

Dit maak seer mamma...

Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere.

Dit maak seer mamma...

Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee,
Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening...

Dit maak seer...

Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie...

Een skoot
Twee skote
Drie skote
Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms...
Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit...

Dit maak seer...

Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe...

Eina...

Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie...

Dit maak seer mamma...
Koebaai

— The End —