Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Dit was daar
Ń knal in die nag
Skerper as die dop-klank
Van dinamiet in dolomiet
En gevaarliker as klapperskiet;
Die knal in die nag...

"Dit was daar op stemdag "
, sê ek.
Dit was... ekt gehoor!
Skiet ek my siel uit
Teen die leë gehoor

"Dankie my bokkie"
,Met x'e gekys
Help nie my hart nie
X'e is ook maar ń tipe kruis
Ñ tipe graf in afwag
Ń tipe nood, ń stille dood.

Dan tref die waarheid my hard
Soos ń gewyde plathand
Van ń skietman of ń doodsman
Dis jou land , dis díe land
Hoekom nou skielik bang?

Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor
Ek sweer op die graf
Van die gesneuwelde stem.
Maar nou kom noem-
Moet ek erken...

Ek vrees die geweerskoot
Meer as die galg
Wat stil is soos slange
Wat my wurg en my walg.
Ek is banger vir die knal
Wat die hele buurt vang
As die halfpad val
En heeltyd hang
Soos kleintyd speeltyd
Van rodswaai en my lyfie
Aan toue op hang.

Wats ñ geweerskoot nou
Teen die monsters van binne
Wat klou om te hou.

Raak rustig , haal asem
, toe nou bedaar.
Jy weet mos jou denke
Was maar nog altyd
Jou grootste gevaar.

- wanneer geweerskote in
kopskote verander...
Raak die wêreld donker
In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil

Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd

Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees

Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart

Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...

Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel

ja...

*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.

Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.

Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.
Die waarheid

In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil

Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd

Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees

Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart

Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...

Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel

ja...

*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal

— The End —