Stilgebore in afwagting op 'n môreson uit die legendes. Die hoopswyg net voor aanvarding , wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan. Die onvoldoende doods-uur Tussen die hap van n gifgoue appel En die val van onskuld en skoonheid. Die tingel in die vingers van die Engel in swart, nóg genoeg om te gryp -Nóg genoeg om te los , net genoeg om in die huiwer te dros Dus dood wat geduldig die venster bewasem. Trek drogbeelde uit skadu's Soos n laaste asem... Dis nog hier, nog daar- Nog vals, nog waar
En ons almal is n kat in n doos - wandelend in beide lewe en dood , want die verskeie dimensies Is maar eintlik grensloos.
Die paradoks van einste bestaan Word gekonsentreer in n tydstip Van alles verstaan.