Ek raak van tyd tot tyd verlore in die vlaktes van my verbeelding op 'n eindelose reiktog na die goue uitloopsels van more
, ander kere skuil ek in die klowe en trek my toe in n berg kombers...
daar kan ek skree - en huil -en lag.
Daar kan ek die eie self in n lastergil uitlok en wag vir die koue kras kranse om dit terug te werp in my ope arms.
My verbeeldingshuis le in die kranse... my drome rol in oor die see se soutwater golwe... en ek, ek le iewers in die middel van perfekte harmonie en absolute chaos.