Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Oct 2014
Vandag vloek-groet ek die verlede
en spuug die suur naam uit
en rig ek al my groot gebede
om gistergoed ook weg te smyt

Maar koester ek die kleine vrees
in die diepste van my hart
sal more net soos gister wees
breek die ook van die smart

en deel ek in vertroulikheid
my woordsopregte eed
as more soos 'n spiel wil lyk
sal dood my uit ellende sleep

Tog, mik ek vir die kruine
- droom my silwer droom
,  vermy vergete pyne
van 'n toekoms palindroom.

Want as my lepel andersom
dieselfde as tevore lyk
wees jy ook nie te verstom
as ek na sagte doodsoen reik.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
977
 
Please log in to view and add comments on poems