Die ou kniee knak en kraak en maak geraas , maar sal sukkel-sukkel teen die rand hou om jou te dra. **** *** ek kriekbeen, in die laatnag na jou vra.
My ribbes is marimbas, uitgehonger vir die hokmaak van 'n antieke snaardrom hart. Wat nou met mening elke been se noot raak slaan en hammer asof opnuut gevorm en gespeen.
En tog die kop raas soos basyn geskal en bomval, want binne woed die stryd van goed teen kwaad. Ek speel vir jou 'n simfonie: Die lirieke dalk af, maar tog op maat.
Ag ek's sommer simpel, dis die liefde wat so praat...
Ek sien meer sleg as goed in my raak, maar jy verf als nuut en ek word hergebore in die pragbeeld wat jy van my skep. Daar is interne struwelinge wat my laat twyfel, want *** kan iets wat so goed en eg is, dan deur die kosmos as verkeerd bestempel word. Tog met al my fisiese, emosionele en geestelike wroegings... is dit onvermydelik dat jy oor my hoogste mure geklim het en my saggies vertroetel, terwyl jy my herskep met oe wat ook eventueel sal leer om die mooi in myself raak te sien... dankie Snoekie! Lekker kuier vanaand. Liefe jou!