Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie. Dis mos nou kinders-kry dan trou , 'n priem baba se : Ek is lief vir jou. Verby nog voor dit begin het. Of is my hart nou wiegiedood wat doodluiters my eie galg om die baba hang. Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek? Of het ek nou maar oulaas 'n manier om al die goeie goed - uit vrees van stapel te stuur? Ek kan jou volg... sal jou volg; sou jou volg tot waar die wind ons waai en saam jou kan ek... sal ek sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai, maar *** gaan ek die onbekende in as dit tussen my en die horison le? My hartklop eikehout in die gang, hy klop nog koud , maar hy klop nou! En jy praat van altyd en van later en van dan: verder selfs as wat my sig durf reik! Jy is my nou. Jammer dat ek more jou gister gaan wees; probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier en ek wil groei. Ek kan nie die trouring dra nie ,as hy nog koud aan my vinger kleef... my hart is dalk nog prematuur , maar ek wil graag uitgan en die koue skouers en spervure vir my self gaan beleef. Moet my nie die son wys nie Ek leer nou eers *** om te sien... en moet nie se jy is lief vir my nie, want more is dit verby nog voor dit begin het. En dan hang ek die priem.