Was dit my sonde om te droom, te wens? Was dit wreed om te verwag dat jy my iewers in jou soet woorde sou vind? Kyk ek dalk na jou met die oorhoofse afwagting van 'n kind?
Sal jy met sjarme my kan vermaak of is teaterkuns 'n masker vir jou haat?
Ek smag na jou taal, jou moedertong in my uitgehongerde mond. Oh die beeld- wat ons met sulks silwer stem kan skep!
*** sal jou brief my vind? Sal daar 'n tuin ontstaan as ek jou antwoord naslaan? Se jy sal bly, net vir my! Se my brandewyn asem het jou inner kind bevry! Se net jy is lief vir my- en ons sal saam die tonnel-oog wereld met soet liefde en dronkmans woorde verlei.
Skryf saam met my in hierdie silwertong, en kyk *** die wereld in afwagting verstar.
Die liefde wil blom wanneer twee skrywers bymekaarkom.
Die wereld raak nat, met die geuiter, van ons silwer tong.