Ek kyk na die wiskunde geletterdheid vraestel wat uittartend voor my le en skreeulag. Elke vraag is nog 'n klap in my gesig nog 'n uur wat ek in 'n warm stort moet gaan sit om myself weer moed in te praat.
Ek het lankal reeds al die stetoskope van my kinderdrome ashoop to gestuur. Die laaste bietjie hoop uit my onskuld gekerf toe hulle se dat ek die masjiene moet afskakel en vir my spieel gaan se, dat ek dit nie gemaak het nie. "Gee eerder op" lui die pedagoog se kreet.
"Jy hou ons terug seun" , vertel jy my "as jy nou nog nie verstaan nie, sa jy ook nooit nie. Gee maar op." Ek was eers die boogseun. *** verder jy my terug getrek het, *** vinniger het my pyl op die teiken af gestraal... Nou is ek die rekseun... ek hou jou terug en as jy trek, breek ek.
Jou ekstraklasse was te duur gewees, ek kon nie my wiskunde angelegdheid bekostig nie. Ek moes maar terugsit en kyk *** ander skole met onderskeiding by jou deur uitstap. Ek kon ongelukkig nie bekostig om slim te wees nie.
Onthou jy toe jy op daardie koue wintersdag verby my gejaag het en my verskree het oor die missie en serpie wat my net aan die lewe gehou het? Ek is jammer dit was nie jou kleur nie, maar probeer verstaan... ek is nie 'n onderwyser nie. Wanneer jy huistoe kon gaan moes ek my studentlike pligte uitvoer en tot laatmiddag by die skoolbly.
Ek is jammer dat my ma werk. Dit is tog so ongeskik van haar. So selfsugtig om kos op die tafel te probeer sit en so my verhoed het om aan sport deel te neem. Ek weet tog *** belangrik sport vir jou is. Jammer ek kon nie 'n meningvolle bydra tot jou donnerse sportregime maak nie. Jammer ek was 'n nuttelose suurstofdief , soos wat jy my genoem het.
Eks jammer ek kon nie my punte bekostig nie. My handgeskrewe take en spoeg-en-plak plakate was 'n vernedering tot die vlekvrye mamma-pappa-take. Linte was in die mode. Linte en ander oulike beursie plukkers. Jammer dat ons beursies leeg was, maak nie saak *** ons daaraan prober pluk het nie.
Jammer dat ek nie man genoeg was om myself te beskerm teen nege honderd seuns nie. Dit is skandelik. *** kon ek so swak wees dat ek nie eers nege jaar se "ou grappies" kon aflag nie. Jammer dat ek dit nie snaaks vind as daar op jou geurineer en gespoeg word nie. *** kon ek nie lag vir die hilariteit van asblik skroot , soos kougom en gemifde brood in my tas en pennesakkie nie. Ek wens ek was nie so swak nie, dan kon ek ook dalk myself teen die 14 seuns beskerm het. Jammer dat hulle my so maklik kon oorweldig. Jammer dat hulle my kon teister en rondgooi soos 'n vloerlap.
Ek vra nederig om verskoning, dat ek daaroor kom kla het. Meneer is reg, ek is 'n sussie. Net 'n moffie soos ek sou kom kla het. Jammer om meneer se tyd so te mors, dit was verspot van my om te **** meneer sou iets daaran doen.
Nou is ek ietwat geskend. Menere en manne het al gesweeptong en asyn op my kaal rug.
Nou sit ek Sentraal in die kakstorm en jy wonder hoekom ek nie meer onder die top 20 is nie.
Nou sit ek hier onder tussen die wiskunde "Jee" vraestelle en huil. My enigste vertroosting is dat ek nie heel onder is nie, en dat jy die hell is waaruit ek nog sal opruis.
Ek breek vry van agter die tralies.
Geagte skool Gerespekteerde meneer Vok jou en moenie laat jou mislukkings jou op die gat skop as jy by die deur uitloop nie. Want hierdie "mislukking" ... skop kak hard.