Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jun 2014
Wit le sy uitgesprei oor
pendoring gras vanmore.
haar spastiese bewegings
vroegoggend reeds bestorwe.

Stil is die nagtegal se liedjie
die roos is dood van ryp,
wyle weinig traan van simpatie
verlore in die stormpyp.

Die aarde draai en
swoeg in nag se sweet.
in sy nietige pogings om
die noodkreet te vergeet.

Haar naakte lyf le
oopgebaar, en styf
in dood se koue klou.
Dit ryp hier in die rosestad.
En die Flora-
was 'n vrou.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
683
 
Please log in to view and add comments on poems