Albatros , albatros verstik aan my tong , begrawe geheime agter die bitterbessie bos, Waar my geliefde swaai aan stilswy se galg. Weenlied van die Albatros.
Ek wortel my moed in rooigrond en klei , maar berre my binnegoed in n blinde man's boek. Wees vry , wees vry jou sondes bely , maar stommemans kreet oor die liefdesoek.
Albatros , albatros skree in die waak. Verslenter jou naam in die buurt se stil slaap. En die wraak van die doodstong sal jou nietig verlaat. Deel jou bitter bessies , want dit was gister reeds te laat.