Kom ons wees oppervlakkig Kom ons verbeel ons dit was niks , 'n nag vol stampe en stote dis al , - dis al
Kom ons wees naief en jonk en dom , en ... ag ek weet nie ons leef mos net eenkeer?
Kom ons wees koud en hard, soos die plaiveisel en die mure waarteen jy my vasgedruk het as ons soen!
Kom ons bou vir maande aan iets en verloor dit in jou hortende stem wat soms die sprong oor die berge kon maak, maar nou wegkwyn in kuberstiltes -stiltes -stiltes waar jou ***** se echo in die verlede verdwyn.
Waar is jy nou? Nou dat my are al lintend- swerwend in die wind agter jou wapper en my hart knus in jou glas bottel le... nog 'n glas bottel, was al wat jy werklik wou he.
Kom ons wees verlief Depressief Agressief Neem inisiatief en vergeet van my... ,want diep binne het ek jou nog eintlik lief... Hello Genisis Kom ons wees oppervlakkig...